Call Us Today! +27 (0) 11 470 1000|info@linkpharmacy.co.za

Pretoria-Noord se eie Link Minnaars Apteek raak ‘n hupse 80

In November 1938, het Mnr Davis en Fanie Minnaar reggestaan vir besigheid. Die apteek sou ‘n steunpilaar in die gemeenskap met ‘n gesonde reputasie word. Eienaarskap het oor die jare verander, maar beide klante en personeel kom reeds ‘n lang pad saam. Otto Tamson was hierna eienaar, gevolg deur Cyril Gordon en Ruben Rudolph.

In 1968 het die egpaar Thys en Veronica Olivier die besigheid oorgeneem. Hul dogter, Lindie Gillespie, het intussen by hulle aangesluit. Daleen Swanepoel en Thys se broer, Koos Olivier, is al meer as 30 jaar assistente hier. Oor die jare heen het ook Intern Aptekers en Aptekers-assistente hul opleiding en onderrig hier ontvang.

Thys, die eienaar, noem dat daar talle hoogtepunte was. Rekenarisering het ‘n groot impak gehad op die manier waarop die besigheid van aptekerwese bedryf sou word.  Ook om deel te wees van die Link-Groep vanaf sy onstaan het vir die apteek groot voordele ingehou.

Daar was ook vele uitdagings oor die jare heen – van resepterende-dokters en die mediese fondse wat al strenger voorgeskrewe  tariewe afdwing, tot die toetrede van korporatiewe apteke tot die kleinhandel mileu, asook ‘n oorvloed van mededingende generiese produkte wat onlangs die mark ingevloei het.

‘Geen besigheid is sonder sy stel uitdagings nie, maar ons het nie net oorleef nie, maar inderdaad gefloreer’

Thys vertel van tye toe die apteker self die medisyne moes vervaardig  wat aan pasiënte voorgeskryf of aanbeveel was; anders as vandag waar reuse farmaseutiese maatskapye medikasie in groot maat vervaardig en as ‘patient ready packs’ verskaf.

“Die topverkoper medisyne in die 1960s was Lennons, Borstol, Sinkpyn Spesifiek en Vicks.”

Tagtig jaar later, dien Minnaars Apteek nog steed in almal se behoeftes in die groter Pretoria-Noord omgewing wat Soshanguve, Ga-Rankuwa en Mabopane insluit – van jong gesinne met klein kinders tot bejaardes in ouetehuise wat afhanklik van kroniese medikasie is en almal tussen in.

“Goeie diens, kennis, persoonlike advies en die regte voorraad is belangrik vir die sukses van ‘n gemeenskapsapteek. Eerlikheid en etiek is net so belangrik aangesien baie van ons klante eers na ons vir advies en hulp kom, voordat hulle hul dokter gaan spreek.”

Thys se dogter Lindie sê die apteek se kliënte is haar mense. “Ons is trots daarop dat selfs tweede- en derde generasie families na Minnaars Apteek kom. Hierdie werk is meer as ‘n beroep. Dit strek verby rand en sent. Dis beslis ‘n roeping – ‘n passie om jou gemeenskap te dien. Dit verg  lang ure, harde werk en toewyding.”

Volgens Lindie is ‘n gemeenskapsapteek ‘n plek waar jy jou kliënte op die naam noem. Hulle doen dieselfde. “Dis belangrik om uit te lug dat daar ‘n verkeerde  opinie bestaan dat korporatiewe apteke meer koste-effektief as gemeenskapsapteke is. Dieselfde prysstruktuur geld vir almal.”

Lindie glo dat deurlopende opleiding  jou beter, meer ingelig en ‘n kundige apteker maak. “Jy moet bereid wees om te luister en die beste advies te gee, selfs al sou jy net ‘n dokter vir ‘n pasiënt aanbeveel. Ek het geleer dat ‘n apteker se advies en opinie baie belangrik vir ‘n kliënt is en  jy is nooit te oud om te leer nie!”

Bo en behalwe uitmuntende diens, is bevoorrading van kardinale belang  en onder die wakende oog van Koos Olivier, het Minnaars Apteek oor die jare heen waardevolle verhoudings met ‘n wye verskeidenheid van vervaardigers aangeknoop  en het ook ‘n heelwat breër toegang tot verskaffers ontwikkel, as die norm in die klienhandelapteek bedryf. “Dit is vir ons van uiterste belang om seker te maak dat ons altyd dit wat die kliënt benodig in voorraad het en kan verskaf” sê Koos. “UPD is ons hoof verskaffer , maar ons handhaaf ook goeie en langstaande verhoudings met ‘n verskeidenheid van ander groothandelaars. Dit gee ons die beste moontlike kans om voorraad vir ons kliënte te kry. As ons nie iets kan verskaf nie, dan bestaan dit heel waarskynlik nie”

Gewilde persoonlikhede wat die apteek al besoek het is Bakkies Botha, wyle Ruben Kruger, Drikus Hattingh, Pote Fourie en die kunstenaar, Piet Pompies. Inderdaad, selfs ‘n kunstenaar genaamd Piet Pompies.

Minnaars Apteek is oop van 8h00 to 20h00 elke dag en was nog nooit ‘n dag toe vandat sy deure oopgemaak het nie tagtig jaar gelede, inderdaad ‘n uitmuntende prestasie.

“Alhoewel Minnaars Apteek as ‘n besigheid al tagtig jaar oud is, bly ons nog jonk van gees en sien uit na die toekoms en om ons volgende mylpaal van 100 jaar te bereik.” Sê Lindie “Ons is optimisties oor die toekoms en om die uitdagings met ons ervaring en harde werk met ywerig aan te pak. Nuwe geleenthede te omhels, met deurlopende verbetering van ons vermoëns en uitbreiding van ons dienste aan die gemeenskap wie ons bedien en lief het.”

By | 2018-11-20T10:05:36+00:00 November 20th, 2018|News|0 Comments

About the Author:

This Is A Custom Widget

This Sliding Bar can be switched on or off in theme options, and can take any widget you throw at it or even fill it with your custom HTML Code. Its perfect for grabbing the attention of your viewers. Choose between 1, 2, 3 or 4 columns, set the background color, widget divider color, activate transparency, a top border or fully disable it on desktop and mobile.

This Is A Custom Widget

This Sliding Bar can be switched on or off in theme options, and can take any widget you throw at it or even fill it with your custom HTML Code. Its perfect for grabbing the attention of your viewers. Choose between 1, 2, 3 or 4 columns, set the background color, widget divider color, activate transparency, a top border or fully disable it on desktop and mobile.